top of page
Search

Tonnel-roof

  • Writer: andrevanzylrt
    andrevanzylrt
  • Jun 3, 2020
  • 11 min read


Pa maak 'n fatale fout een Vrydag aand en nooi die twaalf jarige ek om saam het hom 'The Great Escape" op TV te kyk, Pa verduidelik vinnig die geskiedenis en die movie begin.


Ek le die volgende oggend ongeduldig in my bed en wag tot die son opkom. Ek kan nie glo wat ek gisteraand gesien het nie. Daar is so baie om te doen vandag.


Ek verken die water sloot en die veldjie agter ons huis. Terwyl ek rondstap dink ek, eerstens, wat wil ons bereik? My ouers gee my ongelooflik baie vryheid. Ek het rerig nie nodig om te onstsnap nie. My oog vang die agterkant van die kaffee se muur. In my gedagtes sien ek dwarsdeur die muur die chips rak, die chocolates, die koekies en die koeldranke. Ek het dit! Ons tonnel tot onder die kaffee, breek deur die vloer, en roof die plek. Ek droom klaar van 'n lifetime supply van Romany Creams, Nik-Naks en Coke. Die Plan begin lyf kry.

In die veldjie kom ek op 'n vars gat af, so 'n meter lank en diep en so 300mm wyd. Ek onthou Pa het vir Isando, ons tuinman gevra om dit te grou want ma het 'n bietjie grond vir 'n nuwe bedding nodig gehad. Ek onthou dat Isando die takie maklik in 'n oggend afgehandel het. Isando was 'n Mosambiekse reus wat by die myn gewerk het gedurende die week. Ek het nie heeltemal die verskil in vermoe tussen 'n twaalfjarige en Isando in ag geneem nie, maar nietemin.


Teen daardie tyd was ek omtrent pal in die moeilikheid by Pa omdat hy sy tools orals buite opgetel het en hy my aanhoudend gevang het terwyl ek aan gevaarlike ekperimente gewerk het, baie wat kon ontplof. Pa het intussen in die gewoonte geraak om redelik gereeld te kom inloer om te sien wat ek aanvang.


OK, ons gaan tools nodig he, 'n early-warning stelsel vir Pa, en hande, baie hande.


Ek gaan haal van ma se Gardena implemente, maak merke en begin om 'n klein ronde gaatjie te grou in die veld. Ek bring karretjies en ander speelgoed vir ingeval Pa kom kyk. Nie te lank nie en pa loer oor die muur. 'Wat maak jy?' vra Pa. Ek speel karretjies Pa. 'Is jy nie al 'n bietjie oud vir karretjies nie?'. Ek bly stil. Pa is nie heeltemal oortuig nie. Die gat is minder as 100mm diep sover. Ek besluit om vir eers te stop. Pa is 'on to me'.


Sondag oggend na kerk is Pa by oom Jannie langsaan. Ek vat my kans en begin verbete grou. Na so twee ure het ek 'n koeel ronde gat van so 500mm diameter en omtrent dieslfde diepte gegrou. Ek vind 'n stuk plat sinkplaat wat ek versigtig oor die gat trek en met los grond bedek. 'Perfek' dink ek toe ek terugstaan maar ek stuier oor 'n aardige hopie grond wat uit die gat gekom het. 'Shit' dink ek. In my verbeelding sien ek al klaar 'n berg van grond. Wat gaan ons maak?


In 'The Great Escape' het die manne spesiale sakke gemaak wat binne in hulle broeke gepas het. Hulle het die sakke met sand gevul en dit bietjie-bietjie laat uitval terwyl hulle in die kamp rondgeloop het. 'Dit klink na verskriklik baie werk' dink ek.

Brainwave! Ek gaan haal dadelik 'n streepsak en skep al die grond in die sak in. Ek sleep die sak tot by die kant van 'n water-sloot daar naby waarin daar heeljaar water vloei. Ek skud die grond uit die sak en die water spoel alles dadelik weg. Probleem opgelos.


Ma se Gardenas, blik deksels en verskeie ander self-gemaakte implemente werk perfek om die gat te grou.


Tyd om my span bymekaar te roep. Gerhard en Dawie, my staatmaker luitenante is dadelik beskikbaar. Kosie is lekker sterk. Leon kan hard werk en kla nooit. Het ons die meisies nodig vir die een? Miskien om die early-warning stasie te beman. Ons sal sien.


Ons kan nie dat Pa hiervan uitvind nie. Ons moet dadelik aan die early-warning sisteem begin werk. Die buitekamer dak is die perfekte plek waarvan 'n mens ons agterdeur, die sy hek en selfs die anderkant van ons huis kan sien. Dit is selfs hoog genoeg om te sien wanneer karre voor by ons huis stop.

Daar is 'n klokkie bo in Ma se kas wat sy gebruik wanneer iemand in die huis bedleend is en vir hulp moet roep. 'Die van Zyls lyk redelik gesond op die oomblik" dink ek. Ma sal die klokkie nie gou mis nie. Ma plant blommetjies voor in die tuin. Ek skiet soos weerlig by hulle kamer in, gryp die klokkie en is weer uit.


Pa is nog by oom Jannie. Hulle bou iets saam. Ek sluip by ons garage in en boor 'n gaatjie loodreg deur die klokkie se hout handvatsel. Ek boor nog 'n gaatjie aan die ver ent van die handvatsel. Ek druk 'n stuk koperdraad deur die eerste gat. Dadelik het ek 'n meganisme wat die klokkie heen en weer kan laat swaai wanneer 'n mens aan die boonste ent trek. Ek installeer die klokkie in 'n boomtak wat oor die veldjie hang. Daarna ryg ek wol deur die boonste gaatjie en ek installeer koperdraad ogies periodiek in boom takke, al die pad tot by die buitekamer dak. Ek ryg die wol deur al die ogies en maak seker dat die wol nerens vashaak nie. Ek maak 'n hout plankie aan die ander ent van die wol tou vas en gee dit 'n ligte pluk. Die klokkie lui dadelik helder en duidelik in die boomtak naby die gat. Uitgesort.


Ek bele 'n vergadering met my luitenante. Ons stap op en af deur die veldjie, tree afstande af en droom oor al die swiets wat ons gaan he. Ons oorweeg selfs om onder die kaffee se counter optekom en dan net elke keer bietjie-bietjie te vat. So sal ons dan 'n lifetime supply van swiets he en niemand sal ooit weet nie.


Pa werk tot vyf uur elke dag, so ons grou soos molle elke middag voordat hy huistoe kom. Die ryk rooi grond is sag en sonder klippe. Binnekort het ons 'n een en 'n half meter diep, koel ronde gat. Die boonste rand van die gat begin al groter word van aanhoudend in en uitklim. Dawie se daar is 'n halwe sak sement in hulle garage wat sy pa nie sal mis nie. Daar het 'n klein hopie klip oorgebly toe Pa ons kombuis groter gemaak het. Ons spring gou oor die kaffee se agtermuur en 'leen' 'n paar lee tamatie kassies by die groentewinkel. Met koperdraad en wat ook al ons in die veldjie optel, prakseer ons 'n raamwerk, en giet 'n soliede beton bek vir ons gat. Pa het gese beton vat ten minste twee dae. Die site is toe tot die naweek. Ons is erg trots op ons handewerk toe ons die raamwerk afhaal.

Ons het 'n paar dae verloor, so ons sal moet werk die naweek. Dit is tyd om die early-warning sisteem te toets. Iemand word aangestel om die buitekamer dak te beman en 'n nood plan word uitgewerk by die gat. Wie ook al in die gat is, bly in die gat. Die plaat word oor die gat getrek en los grond word gestrooi. Die implemente word in die streepsak gegooi en iemand gryp dit en hardloop daarmee weg. Ons oefen dit 'n paar keer en begin weer grou.


Teen die tyd is die gat amper twee meter diep en baie ongemaklik om in te sit, selfs vir tien en twaalf jariges. Na 'n tegniese vergadering besluit ons om die gat egalig wyer na onder te grou, min of meer soos die binnekant van 'n glas melkbottel. Mnr Erasmus, die wetenskap meneer se 'n melk bottel, net soos 'n hoender eier, is 'n baie sterk vorm.


Die klokkie lui skielik. Almal vries. Kosie kry hope sand op sy kop wanneer die plaat oorhaastig oor die gat getrek word. Gerhard stapel goed in die sak en vat die pad. Pa steek sy kop oor die muur. 'Wat maak julle?' vra Pa. 'Niks, ons sit maar net hier' antwoord ek. Ek sien die graaf, reg onder Pa se neus op die grond le. 'Niks?' vra Pa ongelowig. Ek moet sy aandag aftrek. Ek staan op en stap verder weg. 'Ons dink om vanaand hier 'n kampvuur te maak' se ek. 'Moenie die plek afbrand nie' se Pa en sy kop verdwyn weer. Ons almal staar na mekaar. 'Dink julle hy glo ons' vra ek. Almal skud hulle koppe heen en weer. Ons sal versigtig moet wees. Later maak ons hout bymekaar en verkeie kinders bring alles van gevriesde sopvleis tot frikkedelle om op die kampvuur te braai.


Wonder bo wonder vang Pa ons nooit en die gat maak goeie vordering. Die hoof skag is nou so 3m diep en amper twee meter wyd aan die onderkant. Die rooi grond is gevaarlik sag en sonder klippe maar Mnr Erasmus se melkbottel idee werk.


Ons begin uiteindelik om aan die tonnel te grou. Die veiligheids-kommitee vergader en maak planne. Daar het stapels two by four dakbalk off-cuts oorgebly na Pa se bou projek. Hy het gese ons kan vuurmaak daarmee so hy sal dit nie mis nie. Die planke is goeie houd en elke plank is so 'n meter lank, perfek.


Juffrou Short het vandag in die Wiskunde klas verduidelik, 'n driehoek is die sterkste vorm wat daar is. Lightbulb! Ek weet wat om te doen.


Ons gaan die tonnel uitgrou, so na as moontlik aan 'n driehoek vorm, met meter lange sye en 'n vloer van... So dit is waarvoor Pythagoras is. Interresant.


Tonnel grouers gaan van nou af op hulle maag in die tonnel afseil en met 'n klein grafie grou. Hulle gaan 'n plastiek emmertjie, met 'n tou aan, met grond vul, en die ou agter die grouer gaan die emmertjie uittrek wanner dit vol is en die emmertjie leegmaak in 'n groter emmer in die hoof skag. Wanneer die groot emmer vol is, word dit dan opgehys en in die streepsak leegemaak en later in die sloot gestort.


Elke keer, sodra die tonnel diep genoeg is, word planke in 'n driehoek vorm ingedruk vir ondersteuning.


'Wat as die tonnel toeval terwyl iemand besig is om te grou?' wonder ons. Eddie word aangestel om agter die grouer pos in te neem. Hy is lekker sterk. Sodra die tonnel toeval, sal Eddie die grouer aan sy enkels by die tonnel uitsleep. Klink na 'n plan. Alles gaan voort.


Pa weet iets is aan die gang en probeer ons gereeld uitvang, maar die sisteme hou en ons stories raak al hoe meer geloofwaardiger wanneer hy vra wat ons maak. Een more hoor ek Pa vir Ma in die kombuis se. 'Die kinders is al weer besig met iets in die veld. Hou maar 'n ogie en laat weet as jy iets sien' 'Goed' stem Ma in. Ma is nie 'n snitch nie, en ook nie 'n poephol nie. Sy weet tien teen een al lankal waarmee ons besig is.

Deurbraak! Die fondasie beton van die kaffee se agtermuur steek deur die dak van die tonnel. Dit vat nou al 'n span werkers om grond na die hoof skag te karwy en ons moes lampe prakseer. Die lampe gebruik al die suurstof op en ons moet van tyd tot tyd die werke staak. Ek werk hard aan 'n nuwe elektriese ventilasie sisteem.


Die reen seisoen breek aan en dit raak gevaarlik om te grou. Ons besluit om die grouery vir 'n rukkie te staak.


Pa kondig aan ons kry 'n swembad! Almal is baie opgewonde. Saterdag more stap ek na buite en sien Pa en Isando hard aan die werk, besig om 'n gat in ons muur te maak, gevaarlik naby aan die tonnel! 'Wat maak julle' vra ek sonder om te benoud te klink. 'Die lorrie gaan die sand wat uit die nuwe swembad kom, hier vanuit die veldjie kom laai, dit is makliker' se Pa. My hart gaan staan. 'Hoe groot/swaar is die lorrie?' vra ek benoud. 'Groot, swaar,hoekom vra jy?' wil Pa weet. 'Nee wonder maar net' antwoord ek terwyl ek wegstap.


Noodvergadering! Ons het groot moeilikheid. Al die kinders is bang vir Pa. Ek verloor span-lede teen 'n ongelooflike tempo. 'Die projek is vir nou op-hou' kondig ek aan. Almal verdaag of hardloop eenvoudig weg.


Werkers begin verwoed 'n gat grou in ons agterplaas en die berg van sand word al groter. Gelukkig stapel hulle die sand diekant, nogal ver weg van die tonnel.

Uiteindelik is die gat klaar en ek hoor hoe Pa en die oom bespreek dat die lorrie more gaan kom.


Ek kan nie wag vir skool om klaar te maak en om by die huis te kom nie. Ek loer oor die muur. 'n Groot gedeelte van die berg van grond is reeds weg. Ek kyk in die rigting van die tonnel. Geen lorrie spore nie. 'Phew'.


Later klop die oom aan die agterdeur en vra vir Ma of hy die telefoon kan gebruik. Ek voel dadelik iets is fout en gaan kyk. Die lorrie, met vol vrag staan skeef teen vyf en veertig grade en lyk of hy enige oomblik gaan omval. Sy agter wiele aan die een kant het weggesak in die grond, presies waar die tonnel is! Pa gaan my doodmaak!


Later kom 'n ander masjien op 'n trok aan, kettings word gespan en na 'n lang gesukkel is die trok uit die gat. Ek hou my skaars. Die woord verspry en skielik is daar is nie 'n kind te sien op straat nie.


Pa stop sy kar sommer buite en loop dadelik na agter. Ek sit op die buitekamer dak en obserweer. Hy skop aan die planke wat by die ingevalde tonnel uitsteek en trek een uit. Hy trek nog een uit. 'n Mens kan sien hoe sy brein oortyd werk. Hy stap reguit kombuis toe en ek hoor hoe hy vir Ma vra 'Waars Andre'. Ek hoor ook hoe Ma vir hom dreig, 'Jy slat nie aan my kind nie!' Ek oorweeg om vir die nag op die buitekamer dak te vertoef maar ek is honger en klim later af. 'Naand Pa' groet ek vriendelik. 'Kom hier' skel hy. ''Los die kind uit' smeek ma. 'Wat het julle daar in die veld aangevang? Ek het geweet julle is besig met iets'. 'Ons het 'n fort gebou vir ons bende Pa' antwoord ek. ''n Fort se hy verbaas', is jy nie al 'n bietjie te groot vir die goed nie?' Ek bly stil. 'Die swembad maatskappy wil ons nou ekstra charge! Jy gaan daai gat toegooi, eet klaar dat jy kan begin'. Pa het altyd so gou as moontlik alle fisiese getuienis van my sondes so gou moontlik probeer uitwis. Ek dink dit het hom laat voel dat dit eintlik nooit gebeur het nie.. Toe hy my vang met die kanon wat ek gebou het, het hy my die ding met 'n ystersaag laat opsaag in klein stukkies. Ek was in elke geval klaar besig met version twee op daai stadium so dit het my nie baie terug gesit nie.


Na ete word ek gestuur om die graaf te gaan haal. Ek bly lank weg. Die graaf is in die hoof skag! Pa weet nog nie eers van die hoof skag nie! Ek loer oor die muur, Dawie, Gerhard, Kosie, almal is skoon veld.


Ek moet uiteindelik noodgedwonge vir Pa die hoof skag wys. Hy staan in verstomming en kyk daarna. 'Wie het die gat gegrou?' vra hy verbaas. 'Ons Pa' se ek skaars hoorbaar. 'Kak man! wie het julle gehelp?' bulder Pa. 'Niemand Pa, ek belowe' se ek saggies. Pa kyk skielik op. Hy kyk verwildered om hom rond. 'Wat het van al die sand geword wat julle hier uitgegrou het?' vra hy verbaas. Ek is te bang om te antwoord. Vanaand maak my Pa my verseker dood. Naderhand se ek 'Ons het dit in die sloot gegooi Pa' Pa is lank stil. Hy het nie woorde nie. Naderhand se hy, 'Kom, gebruik van die swembad se grond en begin toegooi' Later gaan haal Pa 'n kampstoel om op te sit en vra deurentyd vrae oor verskeie aspekte van die projek terwyl ek non-stop grond in die gat gooi. Hy stop soms en lyk openlik beindruk met van my antwoorde en oplossings. Hy word net een keer kwaad toe ek verduidelik hoe Eddie die grouer aan sy enkels sou uitsleep as die tonnel sou inval.


Teen die einde van die week is my hand palms bloederig en sewende straat is nog steeds verlate van kinders elke middag. Die klomp bliksempies, ek sal hulle kry, dink ek elke aand.

Saterdag more se Pa vir Isando om die laaste grond in die gat te gooi en dit vas te stamp.


Ons praat nooit weer oor die gat nie.



 
 
 

Comments


©2020 by Andre's thoughts and other random things. Proudly created with Wix.com

bottom of page