The battle of the bands
- andrevanzylrt
- Aug 2, 2020
- 3 min read
Updated: Aug 3, 2020

Ek wou nog altyd ‘n website bou om musikante te help met name vir hulle ’bands’.
Sampie, my prok..., regsverteenwoordiger, (ek mag hom nie meer ‘n prokureer noem nie. Hy se dit is ‘complicated’) Anyway, hy se ek gaan groot geld maak met die een en hy het sommer dadelik sy pel Boela aan my voorgestel. Boela was vir jare ‘n grootkop by San...tam, lam, een van daai, maar nou met die lockdown het hy op sy eie gegaan. Boela se turksvye is groot in Amerika. Hy se turksvye gaan so groot soos Bitcoin word. Die ou lyk of hy weet waarvan hy praat.
Maar jy weet, ek kry die musikante so jammer. Hoe nou gemaak as daar nie meer as vyftig mense by jou konsert mag opdaag nie. Ek besef dat vyftig mense vir party Suid Afrikaanse ’bands’ nogal ‘n rekord is, maar nogtans. Hoe verwag hulle in elk geval ons moet na party van die ‘local bands’ luister, sonder om eers vooraf ietsie te kan drink of rook?
Boela het gese ek moet eers die mark toets en ‘n ‘soft launch’ doen, want so met die Covid saam weet ‘n mens nie aldag meer nie.
Ek het toe maar besluit om net ‘n paar geselekteerde items beskikbaar te stel vir ‘free of charge’, sodat ons kan pyl hoe die belangstelling is. Ek wil net misverstande uit die weg ruim en se, ons aanvaar donasies.
‘n Ou dankie briefie wat ek kan raam en op my muur sit, vernaam as julle eendag ‘famous’ raak, is ook nie te versmaai nie.
Soos belowe, hier is ‘n paar voorbeelde van my produkte:
Rebekka en die Stokvisse
Dink aan Hooty & the blowfish, Chrissy Hinde & the Pretenders.
Die genre is Kaapse Vlakte ‘house’.
Die brein-dood tweeling
Hierdie naam werk goed in enige genre, maar is oorspronklik uitgedink vir ‘n moderne ‘punk’ band. Dit is nie ‘n vereiste nie, maar ek dink die een sal beter werk as daar net twee van julle in die band is.
Juju and the Red Berets
Ek dink die een is al gevat. Ek moet net kyk of die dankie briefie al gekom het.
Vuis-slaan Vrydae
Ek dink hierdie een is eerder ’n liedjie se naam, maar as hy vir jou werk, vat hom.
Die Oorbelle
Dink Motown, Polyester en sideburns. Hy sal net so goed werk vir ‘n gay ‘boy band‘. Besluit maar self.
Jig pille
Die een is spesiaal ontwerp vir die meer besadigde musikante wat nou nog nie vaste ‘gigs’ het nie.
Moenie dit weer doen nie
Dink aan diep kinders wat protes-liedjies skryf, dit kan selfs ook werk vir ‘n rap band.
Algemene kennis
Hierdie naam vloei soos vluweel oor die tong, amper soos ‘Steely Dan’ of ‘Sade’. Dit het daai misteriese ondertone wat ‘n mens laat diep dink.
Ek dink ’n donasie sal in hierdie geval van pas wees.
Die doodskiste
Definitief Goth. Swart klere. Swart hare en cutex.
Veertien jaar al
Moet nooit die skare toelaat om uit te vind wat die dieper betekenis van die naam is nie. Die feit dat jy self nie weet nie, is ‘n bysaak. Verkoop die ‘mystery’.
Die asgat trio
Hierdie naam vind wye aantrek en was al verskeie kere op ‘appro’ gevat, maar vir die een of ander rede nooit klaar betaal nie.
Ek dink aan ‘n boere-orkes of ‘n aka pella groepie.
Ons lot
Die een spreek tot die skare. Dit laat hulle voel dat hulle deel is van iets. Gebruik die een verantwoordelik.
Daai ouens met die kruisies op hulle koppe
Daar word beweer dat ek die een gesteel het van die ‘Crash Test Dummies’ maar ek verseker almal dit is nie waar nie. My prok... regsverteenwoordiger is nietemin betrokke. As ‘n voorsorgmaatreel stel ek voor julle hou vir nou maar net so ‘n bietjie vas aan daai donasies en dankie briefies, net totdat die stof gaan le het.
Velcro
Weereens moet julle net ‘n bietjie vasbyt tot ons klaar is met die een. Party van daai Amerikaanse maatskappye vat partykeer lekker kanse as dit by ‘copyright’ eise kom. Sampie, my prok... regsverteenwoordiger se ek het niks om oor bekommerd te wees nie. Hy was nou die dag so kwaad, hy wou hulle sommer ‘sue’. Dalk kry ons nog geld by hulle!
Opgestop
Dit kan so baie dinge beteken. Sover ek weet is die een nog beskikbaar. Kry hom vandag nog vir die spotgoedkoop... Ek spot net. ‘n Ou donasietjie sal waardeer word.
Daar dink ek sommer nog een uit, maggies ek is goed.
Spot goedkoop
Die een is op ‘special’, vir spot goedkoop. (ek is so snaaks, daar lag ek al weer vir my eie grap!)
Dit is vir nou eers genoeg. Ek kan nie al my produkte verniet weggee nie!
Hou die spasie dop vir meer...
PS. Die tjekkie van Juju het toe gekom, so dit lyk of daai een gevat is. Ons sukkel net so ‘n biejie met VBS bank, maar Sampie se hy ken mense.
コメント