top of page
Search

Pyn

  • Writer: andrevanzylrt
    andrevanzylrt
  • Jun 2, 2020
  • 11 min read

Updated: Jun 18, 2020



Die karakters, plekke en allerhande ander detail in die storie is heel waarskynlik nie akkuraat nie. Die PYN en Karen se rolle is spot-on, raw en un-edited.


Ek dra hierdie storie op aan my vrou Karen. Woorde kan nie beskryf hoeveel sy vir my beteken nie so ek gaan nie eers probeer nie.


Ek spot met die dokters in my storie maar ek het oneindige respek vir hulle en ek is baie dankbaar vir alles wat hulle vir my gedoen het.


OK, hier gaat ons... Ek sal hierdie storie agter die berg moet gaan haal.

Jy weet, ek het mos maar arm groot geword. My vrou Karen se ek praat kak en dat ek in 'n doodgewone middelklas huis grootgeword het. Sy was die daar nie, en anyway ek onthou dit anders.


Ek moes maar baklei vir my kos en ek het gou geleer om dit sommer heel in te sluk.


Later van tyd, toe die metabolisme begin in settle by my meer comfortable lifestyle, toe gebeur dit partykeer dat die kos wat ek nou net heel ingesluk het, collide met kos wat ek voorheen heel ingesluk het. Dit gaan dan gepaart met die gewone gevloek en geskel wanneer twee drolle in mekaar vasjaag. Ek dink hulle noem dit indigestion.


Ek het soms vir dae opgekrul van die pyn rondgeloop. Ek het gou agtergekom dat ek moet stadiger eet. So vyf jaar gelede besluit ek dit is nou genoeg en ek maak 'n punt daarvan om stadiger te eet. Die maagpyne word toe al minder.


So twee jaar gelede, Vrydag aand, 'n King Steer combo later, middernag sit ek regop in die bed met 'n heeltemal nuwe pyn. Dit raak al erger. Karen word wakker en vra "wat kan ek doen". "Niks op die oomblik" antwoord ek. Ek grou 'n paar expired Nexiums uit en pop hulle. Hulle bounce soos BB koels van 'n polisekar se voorruit af. Golwe van pyn rol in, elke een erger as die vorige. Ek strompel tot in die badkamer en gaan le op die koue vloer. Karen vat charge. "Moet ons ry?" vra sy. "gee my net 'n oomblik" prewel ek. Uiteindelik word die golwe ligter. Skielik is die pyn net weg. Ek raak liggies aan my buik waar die pyn was. Niks. Ek le in verwarring op die koue vloer. "Wat het nou net met my gebeur?" wonder ek.


Maande gaan verby, Dit is weereens Vrydag aand en takeaway night, die keer Pizza. Dit is middernag en ek sit weerens regop in die bed. Karen vra "wats fout". "ek het weer daai pyn", laat ek weet. Die golwe rol in, elkeen seerder as die vorige een. Ek begin wonder hoeveel seerder dit kan word, en kry sommer dadelik my antwoord. Sweet bars oor my hele lyf uit.

Ek sit op die bed in 'n toestand van semi-verlamming en Karen is reg om weerens charge te vat. "gee my net 'n oomblik" prewel ek. Karen wil weet wat sy kan doen om te help. Ek kry net-net uit "nie praat nie". Dit is so seer, dit vat buitengewone inspanning om woorde te vorm.


Ek soek desperaat na tekens dat die laaste golf minder seer was as die vorige een. Ek begin uiteindelik rustiger asemhaal, dit word beter, Dis weg!


Ek le papnat gesweet op die bed. Wat was dit? Geen pyn, niks.


Die van Zyls besluit om 'n bietjie Mpumalanga toe weg te breek. Ons maak Merry Pebbles in Sabie ons basis en doen grotte en watervalle die hele middag. Ek voel van vroeg dag af nogal vreemd. Nie siek nie, net vreemd.


Ons eet midagete by 'n plekkie en hang by die chalet uit voor die aand se verrigtinge.


'n Ligte pyn begin in die middel van my borskas. My vreemde gevoel van vroeer bly by my en ek wonder of die ou ticker nie dalk ook nou begin oppak nie. Never the party-pooper wag ek vir die ding om na 'n kant toe te beweeg en ek hou my 'pose'. Die ding besluit toe om sommer sonder waarskuwing volspoed bo oor die oorkantste wal te jaag! Ek skrik van die skielike pyn. Gewoontlik wil ek nog golwe tel maar Karen gee my een kyk en se "moet ons ry?" Verskrik knik ek my kop. Karen bel rond vir 'n Dokter in Sabie en word terselfdertyd hoender-tande teen 'n goeie prys aangebied. Almal se Nelspruit.

Dit begin reen.

Ek kyk skeel en raak met tye heeltemal weg van die pyn.

In ons haas donner ons in verkeerde strate in maar uiteindelik is ons op-pad Nelspruit toe. Karen trap die Mini en vat trokke op blind 'rises' in die donker verby. Sy check so nou en dan of ek nog leef.


Ek begin quietly my nuwe lewe post-heart attack beplan. Dit is, as ek dit maak tot in Nelspruit. Daar kom 'n kalmte oor my. Ek sal dit moet rustig vat van nou af. Ek is lief vir my vrou en kind. Dammit man!


Met tye wonder ek of ek dalk eerder 'n pad sterfte gaan wees soos die trokke in die reen verby flits. In rekord tyd, en ek bedoel REKORD TYD, trek ons by die een of ander privaat hospitaal in Nelspruit in. Die Mini se enjin maak 'tic, 'tic', 'tic'.


My storie was tot op daai stadium abdominal pain. Toe die Dokter vra, blurt ek uit "chest pains". Karen kyk my op en af en lyk decidedly ingedoen. Ek dink sy het later verstaan toe ek verduidelik hoekom ek vir haar gejok het.


Dadelik slip hulle 'n Disprin onder my tong, plak stickers orals, koppel masjiene wat beep en spuit Voltaren, salige Voltaren. Nog pillietjies en nog Voltaren.


X-rays word gevat en ek word opgeneem. Die pyn begin uiteindelik bedaar. Dit was meer as drie ure van solid, ononderbroke pyn. 'Dit is nuut.' dink ek. Karen en Lisa gaan bly oornag in 'n boutique hotelletjie in Nelspruit en ek le vir vier keer die prys in 'n boring hospitaal bed!


Die son kom op. Ek voel een honderd persent. Waars die Dokter, die van Zyls het goed om te sien en plekke om te besoek.

Die Dokter daag na twaalf op net om te laat weet ek het waarskynlik nie 'n hartaanval gehad nie maar hy beveel aan dat ons nou dadelik oppak en huistoe ry.


Ons onttrek aktiwiteite soos mountain hikes uit ons itinnerary en verken Mpumalanga verder.


"Jy gaan more Dokter toe" hoor ek verskeie kere. Ek kan nie dadelik aan 'n goeie response dink nie, so ek se maar niks.


Pierre sien my vroeg die volgende oggend. Hy check my bloede en se "spring vir my op die treadmill". Ek kyk hom ongelowig aan. Hy sien die kommer op my gesig en se, "As jy gaan omkap, stel ek voor jy doen dit hier"., Daar is niks soos logika om my te oortuig nie. Pierre draai die dials op die treadmill almal na MAX. Minute later strompel ek al swetende en hygende van die treadmill af en sak in 'n stoel neer. "Jy het nie 'n hartaanval gehad nie", kondig Pierre aan. Ek kyk diep in sy oe en soek die evil monster daar binne. "No shit, Sherlock", dink ek, maar ek se maar niks. "So wat is dit dan?" vra ek. "Kom le vir my op die Ultrasound tafel". Koue snotterige goed word op my maag gesmeer en nie lank daara kondig Pierre aan, "Jy het galstene", "Wat nou" vra ek. "As hulle jou nie pla nie, los hulle" antwoord Pierre. Ek dink 'n bietje en kan nie rerig onthou dat die koddige goetertjes wat ek nou eers ontmoet het, my 'recently' gepla het nie. Ek moet in elke geval by die werk kom.


Dit is 1 May, en die van Zyls order take-away Pizza vir die eerste keer in lockdown.


Dit is middernag en ek sit weereens regop in die bed. 'Kom ons kyk of ek die een kan ride?', dink ek soos 'n idioot. Dit is naderhand een uur, Karen word wakker. "Moet ons ry?" vra sy al outomaties. "Gee my 'n oomblik". "Fok, kom ons ry". Ek klim gedwee in die kar en ek se maar niks.


Fyftien minute tot by die Glynwood, 'n rekord.


Niemand moor, steek mes of jaag vinnig in lockdown nie so die ER is leeg en ek word dadelik gehelp. 'n Jong Dokter pomp pyn meds in my in, nog meds, en nog meds. Ek word opgeneem. Die pyn bedaar uiteindelik. Dokter K steek sy kop by die deur in. "What are you doing here?" Ek het te seer om te glimlag. Dokter K het al die tyd in die wereld om alles te verduidelik. Niemand word siek in lockdown nie so hy het ook nie customers nie. "Here's my card, pop in next week" se Dr K op sy pad uit.


"Het jy al die Dokter gebel?"


Twee aande later... Karen gee my een kyk en vra, "moet ons ry?". Ek se dadelik ja. Ek loop by die trap af en ek dink, as 'n klippie in 'n hosepipe vassit, dan skud jy hom mos so 'n bietjie tot die klippie loskom en uitval. Ek maak seker niemand sien my nie en tot my verbasing skud ek die klippie los. Ek staan in verwondering in die donker sitkamer en dink hoe ek geld hieruit kan maak. Die engeltjie op my ander skouer gee my 'n taai klap en skree in my oor "you just dodged a bullet pal, don't be stupid". "Karen dis Okay, die pyn is weg" laat ek weet terwyl ek met die trap opstap.


Ek sien vir Dr K die volgende oggend. "Next Tuesday?" stel hy voor. "Lets do it", antwoord ek. Een Covid-19 test later en ek dink, "Huston, we're hot for launch"


Tassie gepak, dit is Dinsdag en Dr K begin al vroeg.


Ek word in 'n beswyming wakker maar figure gou uit hoe om die morfien pompie te werk. Die volgende oggend gaan dit klaar stukke beter. By middag-ete is ek van die pyn meds af. Donderdag oggend is al die bokse getick en ek gaan huistoe.


Ek het 'n rustige middag, bly in die bed, werk 'n bietjie. kom later af om te eet. Alles Okay, gaan slaap.


Dit is middernag en ek skrik wakker. Dit voel of iemand swembad suur in my bekken ingooi. Ek is aan die brand. Ek is gerattle van die pyn. Die ambulaans dame bars amper 'n aar in Karen se kop en ons besluit ons ry maar self. Karen moet my tyd gee om tot verhaal te kom voordat ek kan opstaan om kar toe te loop.


Veertien minute, nie geweet dit is eers moontlik nie. Ek is baie impressed met my vrou.


Sanitizer, vorms invul, Karen is reg om iemand te bliksem, ek dink ons 'skip' 'n paar vorms. Ek kry vinnig pyn meds. "Wat gaan nou aan?!" wonder ek.


Dr K kom kyk, "Admit him" beveel hy. Burokrasie haal my in die hospitaal gang in. 'Isolation for a day while we check your Covid-19 status first.'


Ek is alleen in 'n kamer in 'n lee Covid-19 saal. Ek begin wonder of Trump nie al die tyd reg was nie.

Ek beleef next level pyn en ek ontdek allerhande nuwe pyn meds wat hulle net vir spesiale okkasies uitpak.


Ek word oorgeplaas na die Medical ward toe. Daar is geen einde aan die pyn nie. Ek smeek en die Dokter skryf nog meer serious pyn meds voor. Ek kry net genoeg verligting om te vra, WTF!


Ek word uit 'n drug beswyming wakker met 'n kwaai Griekse dame wat haarself voorstel, haar "recorder" aanskakel en my dadelik peper met vrae. Ek antwoord die eerste paar en stop verskrik. "Who are you and why are you recording me" wil ek weet. "Sorry, didn't I introduce myself, I am Dr Anna, specialist surgeon, Dr K asked me to see you" 'Phew', dink ek, ek dog ek is in die moeilikheid. My brein ontsnap uit sy Trammil beswyming. 'Iemand wat kan help.", dink ek. Ek skuifel ongemaklik regop en probeer wakker lyk. "Dr Anna, just tell me what I must do?" "We are going to do an ECBlabla then if we have to we are going to do an ECblablabla, you know there's some risks associated...."

Ek sweet instantly al die drugs uit my sisteem uit en sit orent. "Draw me a picture", vra ek. Dr Anna blom terwyl sy vir papier soek. "Jackpot!", dink ek, ons praat dieselfde taal. Sy skets al die parte en verduidelik hoe alles inmekaar pas. Sy skryf ook al daai ECblabla goed neer. My foon se Google het al klaar sy hand op.


Dr Anna sal nie 'n goeie sales rep maak nie. Sy skop af deur vir my in detail te vertel hoe sy my gaan vermink as enige iets verkeerd gaan met enige van die ECblabla prosedures.


Dr Anna verduidelik sy is f*kken slim, twee jaar slimmer as 'n gewone sjirurg en sy het spesiale tools waarmee sy 'n stent binne-in my gal pypie kan plaas en sodoende die lek kan stop. Dit is net as ons nie ontydig loadshedding kry in die middel van my operasie en sy my met haar spesiale tools vermink nie.


Uit my poel koue sweet prewel ek, "you know best Doctor, go ahead". Samjoor Dr Anna spring aan die werk. Sy rammel instruksies af en verpleegsters hardloop met Post-its in alle rigtings.


Dit is die volgende oggend. Ek brand soos vuur maar ek is baie excited. Die ECblabla gaan verseker die ding doen voor sy nodig gaan he om my met daai ECblablabla te takel.


Ek word wakker, Dr Anna is byderhand, kleur fotos in hand. "Check, there's the wound, the clips and there's the hole" Ek kyk hard maar ek sien f*kol. "Oh yes I see" lieg ek.


"What now?" vra ek. "We have to do the ECblablabla tomorrow" kondig sy aan. 'n Koue beklemming kom oor my. 'Wat is my opsies?', wonder ek. Dr Anna gee nie baie opsies nie, its pretty much, take it or leave it. "OKay" prewel ek.


Dit is die volgende oggend, dit brand nog een strook deur. Ek slaap nie, ek eet nie, ek kak nie eers meer nie.

Hulle stoot my bed by die Glynwood se 'gaming-room' in. Daar is video monitors en robot-like goeters orals. Ek dink "spuit my net in en laat my slaap". Ek wil nie sien nie.


Ek word wakker en dit brand nog steeds. Dr Anna wys trots 'n foto van die stent, fully installed. Ek kyk na 'n prentjie van 'n stuk pienk vleis, my vleis. "Oh yes I see" lieg ek. Oor die volgende 12 uur vloei 1.5 liter gal by my bekken uit, binnein 'n kassie in wat met 'n pyp aan my ingewande verbind is.


Ek is moedeloos. Niemand wil my se wanneer die nagmerrie gaan einde kry nie.


Dit is naweek en ek soek antwoorde. Die Dokters is skaars. Sondag wil ek met niemand praat nie. Dit is tyd vir gatskop. Ek maak my planne. Ek is die hele middag soos 'n beer met 'n seer hand en ek steek my kamer maats op teen alles wat sleg is in die wereld. As carefully planned, word got out. ‘Mr van Zyl is not happy and he looks like a trouble-maker‘. (Mission accomplished)


Maandag more is ek vroeg op. Ek skeer drie keer om weke se stoppel af te skraap. Teen hierdie tyd het ek drie dokters, Dr K, Dr Anna en Dr N, die saal Dokter.


Ek kak vir Dr K eerste uit. Ek soek nommers. Hy verwys my dadelik na Dr Anna. Dr N het nog niks verkeerd gedoen nie so ek laat hom gaan met 'n waarskuwing.


Dr Anna is next-level en sy het 'informers'. Sy stap in en se dadelik "So I hear you are not happy with me?" ‘My kind of adversary’ dink ek. ,‘she gets right to the point‘. "I'm frustrated Dr" "Why are you frustrated" "I don't know what is going on. Is there a plan?, is there hope?, is there a timeline?" vra ek. "Yes of course, I explained it to you", antwoord sy. Ek staar haar verbaas aan. "Did I not get the memo?" dink ek. Ek kan nou betrokke raak in 'n fight met 'n Griekse vuurvreter wat duidelik nie gereeld verloor nie of ek kan doen 'what I do best, deflect' "Give me markers and timelines so I can predict outcomes and calm down". "Damn I'm good" dink ek by voorbaat terwyl Dr Anna outomaties na 'n stuk papier begin soek. Grafieke word geteken en twee 'very different minds meet.' Ek verstaan en ek het weer goals. Ek raak rustig.


Ek 'double-check' aandagtig hoeveel gal hulle elke oggend uit my tap en die 'trends' lyk goed.


Dr N kondig elke oggend my nuutste infection markers aan. Ons begin wen.


Vanoggend le ek angstig en wag vir al drie Dokters. Niemand is meer in die moeilikheid nie.


Dr K daag soos gewoontlik eerste op. Hy laat weet die hospitaal het besluit om ons almal 'n paar dae langer te hou want hulle maak nie genoeg geld nie. Grapgat! Dr N is gelukkig. Nou is dit net daai kwaai Griekse antie.

Sy stap in, gryp die boksie wat aan my ingewande gekoppel is en hou dit op. "Good!" kondig sy aan. Ek begin skamerig die woorde vorm. "Tomorrow!" bulder sy uit voordat ek kan vra.


Die wit en swart blokkies vlae wapper in die verte...






 
 
 

Comments


©2020 by Andre's thoughts and other random things. Proudly created with Wix.com

bottom of page